Otmar Suitner

Otmar Suitner, 2007

Otmar Suitner (Duitse uitspraak: [ˈɔtmaʁ zuˈiːtnɐ];[1] 16 Mei 19228 Januarie 2010) was 'n Oostenrykse dirigent. Hy het die grootste deel van sy professionele loopbaan in Oos-Duitsland gewoon. Hy is gebore in Innsbruck en oorlede in Berlyn. Hy was van 1960 tot 1964 hoofdirigent van die Staatskapelle Dresden, en daarna van 1964 tot 1990 musiekdirekteur van die Berlynse Staatsopera in Oos-Berlyn.

Hy was 'n produktiewe opnamekunstenaar, vernaam wat Oostenrykse en Duitse musiek betref, en het opnames gemaak van Max Reger en Paul Hindemith se musiek. Hy het ook die eerste opnamesiklus van Beethoven se simfonieë gedirigeer wat op CD uitgereik is. Hy het vir twintig jaar klas gegee aan die Mozarteum. Hy was vanaf 1977 tot 1990 professor van Dirigeer aan die Universiteit van Musiek en die Uitvoerende Kunste in Wene. Een van sy topstudente was die Amerikaanse dirigent Donald Covert, wat die "Swarovsky Dirigeer-diploma" in 1984 ontvang het.

Die Nasionale Prys van die Duitse Demokratiese Republiek, 2de Klas vir kuns en letterkunde, is in 1963 aan hom toegeken.

Suitner was in Oos-Berlyn getroud met Marita Wilckens (1924–2008), dogter van die komponis Friedrich Wilckens. In 1965 het hy vir die Wes-Duitse student Renate Heitzmann leer ken, en 'n seun, Igor (gebore in 1975), saam met haar gehad in Wes-Berlyn. Igor het in 2007 'n dokumentêre prent oor sy vader getiteld A Father's Music vervaardig.[2]

Suitner dirigeer die Berliner Staatskapelle, 1970
  1. Suitner spreek sy van uit in die volgende onderhoud uit 1964.
  2. Otmar Suitner in die Internet-rolprentdatabasis; A Father's Music op IMDb; A Father's Music, vervaardigingsnotas

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy